Welcome to Lagoon Beach Hotel & Apartments
Waar ‘n perfekte toneel, uitsonderlike uitsigte, ‘n ideale ligging en uitstekende diens almal bymekaarkom om voorwaar onvergeetlike tye te skep.
Die Lagoon Beach Hotel is op die pragtige Lagoon Beach Strand geleë, skaars 7km vanaf Kaapstad se Sentrale Sakekern en die V&A Waterfront - altwee baie bedrywig heel jaar deur.
Met ‘n ongeewenaarde uitsig op Tafelberg, bied Lagoon Beach Hotel, wat Kaapsad se tweede grootste konferensie geriewe het, direkte toegang na die skilderagtige Lagoon Beach Strand en vinnige toegang na Kaapstad se sakekern. Hier is jy nie net n hanetreetjie van die stand af nie; jy het ook die eklektiese “vibe” van die stadslewe op jou voorstoep. Jy kan dit die beste van twee werelde noem as jy wil - ons noem dit sommer Lagoon Beach Hotel.
Ons luukse vierster hotel in Kaapstad word behels 200 gesofistikeerde en-suite kamers en suites, verskeie vakansiewoonstelle, 8 konferensiesale, 4 wereldklas restaurante en n onoortreklike uitsig op Tafelberg. Dit is hier waar alles so mooi bymekaarkom. Lagoon Beach Hotel is ook die ideale plek vir daardie baie spesiale dag: jou troudag.
Dit is duidelik. Lagoon Beach Hotel is die ideale hotel vir beide sake en ontspanning.
Ons bied ook nou ‘n gratis heen-en-weer-diens van en na die V&A Waterfront, via die CTICC.
Die Lagoon Beach Hotel is skaars 20km van Kaapstad Lughawe af, wat beteken dat jy naby jou bestemming is wanneer jy in die Moederstad aankom, sodat jy meer tyd het vir sake of bloot om te ontspan.
Die Lagoon Beach Hotel is slegs 2km vanaf die bekende Milnerton Golfklub en slegs 5km vanaf Canal Walk - een van die grootste inkopiesentrums in Suid-Afrika.
Natuurlik sal n besoek aan die Kaap , wat van die beste wyne ter wereld het, net nie volmaak wees sonder om die skouspelagtige wynlandgoedere in Stellenbosch en Franschhoek te besoek nie; maklik bereikbare 50 km van Lagoon Beach Hotel af.


